Exodus 20.7
   Don't abuse the name of God

 

 

 

Eerste B-simbool verskyn


Dit is amptelik.  Rolprente waarin die Naam van die Here kontinu misbruik word sal voortaan 'n spesiale waarskuwingssimbool dra.  Die eerste rolprent wat met 'n B-simbool (blasphemy) gekodeer is, "Hot Fuzz" is 'n komedie met onder andere Simon Pegg en Nick Frost in die hoofrolle.  Die storie handel oor die ervarings van 'n polisieman wat uitvind dat die oŽnskynlik rustige dorpie Sandford in Engeland dalk nie so idilies is nie.  Die fliek dra 'n 16 ouderdomsperk met verdere waarskuwings van geweld en taal.

Ds. Jannie Pelser, organiseerder van die Jesus Projek, sÍ dat hierdie 'n historiese gebeure is.  Hy is dankbaar vir die sensitiwiteit van die media vir die oortuigings van Christene.  Dat hy die keusevryheid van ander mense aan bande lÍ, is doodgewoon nie waar nie.  Dit staan immers enige individu vry om die rolprent te gaan sien.  Vir hom as Christengelowige, veral teen die agtergrond van die brutale moord op die sendelinge in Turkye, is dit egter ondenkbaar dat 'n Christen die waarskuwing ten spyt, in elk geval so 'n fliek sou ondersteun.  "As mense bereid is om vir daardie Naam te sterf, is so 'n offer gerig" sÍ hy.

Die Jesus Projek hoop dat die reŽling (simbool) eersdaags na die TV uitgebrei kan word.